Krieket
Afrigter: Kyle Jordaan

Die seuns en dogters speel in die eerste en vierde kwartaal krieket. 

Afrigtye:
Graad 1-3: Maandae en Woensdae: 13:15 tot 14:00
Graad 4-7: Maandae en Woensdae: 14:00 tot 15:15


Atletiek

Atletiek word hoofsaaklik deur die onderwyseresse afgerig. Binne die eerste maand van die eerste kwartaal word ’n kleurebyeenkoms gehou waartydens daar ’n sangkompetisie tussen die twee spanne plaasvind. Dit lei tot ’n heerlike ken-mekaar-kuier-byeenkoms. Die atletiekspan word aangewys en verder afgerig totdat die interskole plaasvind.


Swem
Afrigter: Mev Henriëtte Rademeyer 

Gedurende die eerste kwartaal word swem deur die hele skool beoefen. Die seisoen word op ’n hoogtepunt afgesluit met ’n swemgala teen die Gereformeerde Laerskool Bellville.

Swemafrigting sal Maandag, 22 Januarie begin, volgens die onderstaande tye. Elke kind moet ’n rooi swempet en vlootblou swembroek hê.

Afrigtye:
Graad 1-3: Dinsdae en Donderdae gedurende skooltyd.
Graad 4-7: Maandae en Woensdae: 14:00 tot 15:15 (15:30)


Netbal
Afrigters:
Graad 1-2: Mev Jeanette Nigrini en Mej Ronel Adams
Graad 3-7: Mev Alida de Vries en Mev Marijke Bothma

Die dogters speel in die tweede en derde kwartaal netbal. Hulle speel wedstryde teen ander skole.

Afrigtye:

Graad 1-2: Maandae en Woensdae: 13:15 tot 14:00
Graad 3-7: Maandae en Woensdae: 14:00 tot 15:15


Rugby
Afrigter: Kyle Jordaan en Albert Loubser

Die seuns speel in die tweede en derde kwartaal rugby. Hulle speel wedstryde teen ander skole.

Afrigtye:
Graad 1-3: Maandae en Woensdae: 13:15 tot 14:00
Graad 4-7: Maandae en Woensdae: 14:00 tot 15:15


Hokkie
Afrigter: Mev Henriëtte Groenwold en Mev Estelle van der Merwe

Die seuns en dogters speel in die tweede en derde kwartaal hokkie. Daar word wedstryde teen ander skole gespeel.

Afrigtye:
Graad 1-3: Dinsdae (gedurende kinetika-periodes)
Graad 4-7: Donderdae: 14:00 tot 15:15