Administrasie – Hebron Christenskool

Belangrike Inligting, Alles op Een Plek!

“Van skoolure tot uniforms, hier vind jy al die belangrikste inligting. Verken ons tariewe, skooltye, kleredragreëls en gereelde vrae — alles op een plek.”

Skooltye vir 2025.

Graad 4 – 7

Maandae tot Vrydae

07:45 – 14:00

Graad 1 – 3

Maandae tot Vrydae

07:45 – 13:15

Skooltariewe vir 2025.

Die skoolfooie betaalbaar oor 12 maande sien as volg daarna uit:

Aantal KindersMaandeliks (Jan. – Des.)Jaarlikse TotaalJaarlikse Betaling voor 31 Jan. 2025
1 KindR3 740R44 880R42 636
2 KindersR6 732R80 784R76 745
3 KindersR8 976R107 712R102 326
4 KidnersR11 220R134 640R127 908

Voldag-nasorg (ná skool tot 18:00)

Aantal KindersMaandeliks (Jan. – Des.)Jaarlikse TotaalJaarlikse Betaling voor 31 Jan. 2025
1 KindR1 475R17 700R16 815
2 KindersR2 655R31 860R30 267
3 KindersR3 540R42 480R40 356
4 KidnersR4 425R53 100R50 445

Mini-nasorg (ná skool tot 15:15)

Aantal KindersMaandeliks (Jan. – Des.)Jaarlikse TotaalJaarlikse Betaling voor 31 Jan. 2025
1 KindR643R7 716R7 330
2 KindersR1 157R13 889R13 194
3 KindersR1 543R18 518R17 592
4 KidnersR1 929R23 148R21 991

Handboeke

Handboek-huurgeld beloop R450 per kind en R600 per gesin. Dit is betaalbaar teen einde Februarie.

Kwartaal datums

Eerste kwartaal 15 Januarie - 28 Maart 2025

Tweede kwartaal 8 April - 27 Junie 2025

Derde kwartaal 22 Julie – 03 Oktober 2025

Vierde kwartaal 13 Oktober - 10 Desember 2025

Openbare- en skoolvakansie dae vir 2025

1 Jan 2025 Nuwejaarsdag
21 Mrt 2025Menseregtedag
18 Apr 2025Goeie Vrydag
21 Apr 2025Gesinsdag
27 Apr 2025 Vryheidsdag
28 Apr 2025Openbare Vakansiedag
29 Apr 2025Skoolvakansiedag
30 Apr 2025 Skoolvakansiedag
1 Mei 2025 Werkersdag
2 Mei 2025Skoolvakansiedag
16 Jun 2025 Jeugdag
9 Aug 2025Nasionale Vrouedag
24 Sep 2025Erfenisdag
16 Des 2025Versoeningsdag
25 Des 2025Kersdag
26 Des 2025Welsynsdag
Skoolklere

Skoolklere word by Mini Me aangekoop.

Kontak ons vir meer inligting.

Algemene vrae
Wat is ons algemene vorm van kommunikasie met die ouers?

WhatsApp is hoe ons met ons ouers kommunikeer. Elke juffrou het ‘n WA klasgroep waarop alles omtrent die klas en/of skool gestuur word. E-posse word ook van tyd tot tyd gebruik maar is nie die primêre kommunikasie kanaal nie.

Ons skool is nie verbonde aan enige gemeente of geloofsinstansie nie. Ons het wel ‘n geloofsbelydenis waaraan ons personeel en ouers onderskryf. Ons verkonding nie ‘n spesifieke teologie of dogma nie. Ons glo dat die Bybel ons riglyn is. Ons is ‘n dissippelskapskool, en daarom is die hart van die skool om ons kinders te lei om as dissippels van Jesus te leef.  

Ons het slegs een klas per graad. Meeste van ons klaskamers het plek vir net 18 kinders. In uitsonderlike gevalle en veral in die Grondslagfase klaskamers kan ons 20 leerders akkomodeer.

Nee ons is nie. Ons ondersteun wel inklusiewe onderrig in soverre mate dit binne ons vermoë is om die nodige ondersteuning te bied. Leerders wat ernstige hulp nodig het om skolasties te vorder word deur ons, indien nodig, na skole verwys wat die nodige ondersteuning kan bied.

Die skool behoort eerstens aan die Here. Die skool word bestuur deur ‘n verteenwoordiging van ouers, naamlik die Ouer Diensliggaam (ODL). Ons behoort aan geen individu of instansie nie. Ons is wel geregistreer by Umalusi wat na onafhanklike skole omsien namens die WKOD.

Ons is ‘n selfoonvrye skool. Ons glo kinders moet nog pouses speel in plaas daarvan om op selfone tyd te spandeer. Hebron het die ideale buitearea waar daar pouses gespeel kan word. Ons het wel rekenaarklasse, so die kinders kry oorgenoeg blootstelling aan tegnologie. Ons het wel op ‘n stadium toegelaat dat ons graad 7s hulle selfone skool toe kan bring. Maar sommer baie vining was daar voorvalle wat veroorsaak het dat ons die besluit verander.

Ons Graad 7’s doen aansoek by ‘n verskeidenheid van hoërskole. Weens ons hoë akademiese standaarde pas ons leerders maklik aan by die tempo en vereistes van Graad 8.

Somersport: Atletiek, Swem, Krieket

Wintersport: Netbal, Rugby, Hokkie

Ons het ‘n dissipline beleid wat as riglyn dien vir die hantering van insidente. Ons glo dat ons dissipline hanteer vanuit die beginsel van goeie keuses. Ons sal die nodige gesprekke met die leerders hê en hulle weer bewus maak van die belangrikheid van hoe keuses hetsy positief of negatief sekere implikasies en gevolge het. Ons gebruik die Bybel as ons riglyn.

Dans, Skaak, Drama, Pottery, Sokker

Ons poog om fondsinsamelings te beperk tot slegs 1 groot insameling aan die einde van elke jaar. Tydens die 4de kwartaal het ons ‘n Vrydaand oorslaap by die skool met ‘n Pretloop die volgende oggend. Ons ouers en kinders neem hieraan deel met borge per rondte / afstand afgelê. Dit is dus vir ons belangrik dat ons ouers die skoolfooie per maand betaal wat volgens die begroting aangewend word vir die bestuur van die skool.

Scroll to Top