Hebron Christenskool Logo

Belangrike Inligting, Alles op Een Plek!

“Van skoolure tot uniforms, hier vind jy al die belangrikste inligting. Verken ons tariewe, skooltye, kleredragreëls en gereelde vrae — alles op een plek.”

Skooltye vir 2026.

Graad 1 – 3

Maandae tot Vrydae

07:45 – 13:15

Graad 4 – 7

Maandae tot Vrydae

07:45 – 14:00

Skooltariewe vir 2026.

Die skoolfooie betaalbaar oor 12 maande sien as volg daarna uit:

Aantal Kinders Maandeliks (Jan-Des) Jaarliks Jaarliks voor 31 Jan
1 kind R4 114 R49 368 R46 900
2 kinders R7 508 R90 097 R85 592
3 kinders R10 182 R122 186 R116 077
4 kinders R12 856 R154 275 R146 561

Voldag-nasorg (ná skool tot 18:00)

Aantal Kinders Maandeliks (Jan-Des) Jaarliks Jaarliks voor 31 Jan
1 kind R1 623 R19 476 R18 502
2 kinders R2 962 R35 544 R33 767
3 kinders R4 017 R48 203 R45 793
4 kinders R5 072 R60 863 R57 819

Mini-nasorg (ná skool tot 15:15)

Aantal Kinders Maandeliks (Jan-Des) Jaarliks Jaarliks voor 31 Jan
1 kind R707 R8 484 R8 060
2 kinders R1 290 R15 483 R14 709
3 kinders R1 750 R20 998 R19 948
4 kinders R2 209 R26 513 R25 187

Bank besonderhede

Bank:

Takkode:

Tipe:

Rekeningnommer:

ABSA

632005

Spaar

925 965 8356

Handboeke

Handboek-huurgeld beloop R450 per kind en R600 per gesin. Dit is betaalbaar teen einde Februarie.

Datums

Kwartaal Datums

Eerste kwartaal 14 Januarie – 27 Maart 2026

Tweede kwartaal 14 April – 26 Junie 2026

Derde kwartaal 21 Julie – 23 September 2026

Vierde kwartaal 6 Oktober – 9 Desember 2026

Openbare- en skoolvakansie dae vir 2025

1 Jan 2026 Nuwejaarsdag
21 Mrt 2026 Menseregtedag
3 Apr 2026 Goeie Vrydag
6 Apr 2026 Gesinsdag
27 Apr 2026  Vryheidsdag
1 Mei 2026  Werkersdag
15 Jun 2026 Spesiale skool vakansiedag
16 Jun 2026  Jeugdag
9 Aug 2026 Nasionale Vrouedag
10 Aug 2026 Vakansiedag
24 Sep 2026 Erfenisdag
16 Des 2026 Versoeningsdag
25 Des 2026 Kersdag
26 Des 2026 Welsynsdag
Skoolklere

Skoolklere word by Mini Me aangekoop.

Kontak ons vir meer inligting.

Algemene vrae
Wat is ons algemene vorm van kommunikasie met die ouers?

WhatsApp is hoe ons met ons ouers kommunikeer. Elke juffrou het ‘n WA klasgroep waarop alles omtrent die klas en/of skool gestuur word. E-posse word ook van tyd tot tyd gebruik maar is nie die primêre kommunikasie kanaal nie.

Ons skool is nie verbonde aan enige gemeente of geloofsinstansie nie. Ons het wel ‘n geloofsbelydenis waaraan ons personeel en ouers onderskryf. Ons verkonding nie ‘n spesifieke teologie of dogma nie. Ons glo dat die Bybel ons riglyn is. Ons is ‘n dissippelskapskool, en daarom is die hart van die skool om ons kinders te lei om as dissippels van Jesus te leef.  

Ons het slegs een klas per graad. Meeste van ons klaskamers het plek vir net 18 kinders. In uitsonderlike gevalle en veral in die Grondslagfase klaskamers kan ons 20 leerders akkomodeer.

Nee ons is nie. Ons ondersteun wel inklusiewe onderrig in soverre mate dit binne ons vermoë is om die nodige ondersteuning te bied. Leerders wat ernstige hulp nodig het om skolasties te vorder word deur ons, indien nodig, na skole verwys wat die nodige ondersteuning kan bied.

Die skool behoort eerstens aan die Here. Die skool word bestuur deur ‘n verteenwoordiging van ouers, naamlik die Ouer Diensliggaam (ODL). Ons behoort aan geen individu of instansie nie. Ons is wel geregistreer by Umalusi wat na onafhanklike skole omsien namens die WKOD.

Ons is ‘n selfoonvrye skool. Ons glo kinders moet nog pouses speel in plaas daarvan om op selfone tyd te spandeer. Hebron het die ideale buitearea waar daar pouses gespeel kan word. Ons het wel rekenaarklasse, so die kinders kry oorgenoeg blootstelling aan tegnologie. Ons het wel op ‘n stadium toegelaat dat ons graad 7s hulle selfone skool toe kan bring. Maar sommer baie vining was daar voorvalle wat veroorsaak het dat ons die besluit verander.

Ons Graad 7’s doen aansoek by ‘n verskeidenheid van hoërskole. Weens ons hoë akademiese standaarde pas ons leerders maklik aan by die tempo en vereistes van Graad 8.

Somersport: Atletiek, Swem, Krieket

Wintersport: Netbal, Rugby, Hokkie

Ons het ‘n dissipline beleid wat as riglyn dien vir die hantering van insidente. Ons glo dat ons dissipline hanteer vanuit die beginsel van goeie keuses. Ons sal die nodige gesprekke met die leerders hê en hulle weer bewus maak van die belangrikheid van hoe keuses hetsy positief of negatief sekere implikasies en gevolge het. Ons gebruik die Bybel as ons riglyn.

Dans, Skaak, Drama, Pottery, Sokker

Ons poog om fondsinsamelings te beperk tot slegs 1 groot insameling aan die einde van elke jaar. Tydens die 4de kwartaal het ons ‘n Vrydaand oorslaap by die skool met ‘n Pretloop die volgende oggend. Ons ouers en kinders neem hieraan deel met borge per rondte / afstand afgelê. Dit is dus vir ons belangrik dat ons ouers die skoolfooie per maand betaal wat volgens die begroting aangewend word vir die bestuur van die skool.

Kontak Ons

021 919 6356

admin@hebronchristenskool.co.za

Scroll to Top