Hebron Christenskool Logo

Ons Personeel

Onderwyseresse

SkoolhoofGraad 1  |  Graad 2  |  Graad 3  |  Graad 4  |  Graad 5  |  Graad 6  |  Graad 7  |  Ander personeel  |  Admin  |  Rekenaars  |  Nasorg

Ons skoolhoof & Graad 1 – Emsie Swanepoel

Kwalifikasies: OD (Junior Primêr)
Pos: Skoolhoof & Graad 1

My Passie:  My passie is dat Jesus in alles wat ek sê en doen vir die kinders ’n werklikheid sal word sodat dit nie kopkennis sal bly nie, maar dat Hy in hulle harte sal leef.

My Visie: My visie is om die kinders in ’n liefdevolle, ontspanne, maar goed gestruktureerde omgewing te leer, en om elke kind so te ken dat ek hom/haar kan lei om tot sy volle potensiaal te ontwikkel.


Graad 2 – Jeanette Nigrini

Kwalifikasies: B.Prim.Ed (Grondslagfase) Universiteit van Stellenbosch
Pos: Graad 2
Sport: Netbal

My Passie: My roeping en passie is die onderrig van kinders. Die onderwys is ‘n professie wat my baie naby aan die hart lê. Hier by Hebron Christenskool het ek so ‘n groot voorreg om my passie ten volle te kan uitleef. Ek glo ook daaraan om kinders te bedien met die Goeie Nuus van verlossing deur Jesus Christus.

My Visie: My visie is dat elke kind wat ek onderrig sal weet dat Jesus Christus die enigste Weg, Waarheid en Lewe is. My gebed vir elke kind is dat hulle ‘n ware ontmoeting sal hê met Jesus en sal weet wat hulle indentiteit in Hom is. 


Graad 3 – Estelle van der Merwe

Kwalifikasies: BPrimEd (Senior Primêr); BEd (Skoolvoorligting)
Pos: Graad 3
Sport: Swem en Hokkie

My Passie:  My passie is om die Woord van God as die basis van menswees vir die kinders uit te leef. Daar is nie ’n ander pad nie.

My Visie: My visie is dat elke kind Jesus sal ken, en dat elke kind in die vrug van die Gees sal leef.


Graad 4 – Henriëtte Rademeyer

Kwalifikasies: HOD (Pre-primêr en Junior Primêr)
Pos: Graad 4
Sport: Sportorganiseerder en Hokkie

My Passie:  Om leerders te stimuleer om deur hul gawes, die vrug van die Gees te ontwikkel. Hul te leer om in liefde met mekaar om te gaan en mekaar te ondersteun. Hul te leer om die ware vrede (Shalom) te soek.

My Visie: Onderrig wat dissipelskap tot gevolg het – ’n lewe waarin God se liefde weerspieël word; ’n lewe van biddende diens in God se Koninkryk.


Graad 5 – Alida de Vries

Kwalifikasies: BPrim Onderwysgraad met LO
Pos: Graad 5 & Wisk Graad 6 en 7
Sport: Atletiek en Netbal

My Passie: My passie is om lewe te spreek oor elke kind met wie ek te doen het en hulle te leer om in alles op Jesus te vertrou en wonderwerke in hul lewens te verwag.

My Visie: My visie is dat elke kind wat deur Hebron Christenskool gaan se geestelike spiere versterk sal word en dat hy/sy in die wêreld ’n getuie (sterk en vrymoedig) sal wees.


Graad 6 – Lesley Krige

Kwalifikasies: MA in Afrikaans en Nederlands (UK); NOS (Unisa)
Pos: Graad 6 & Afrikaans Graad 4-7; Graad 7 Skeppende Kuns

My Passie:  Sonder Jesus het die lewe geen sin of waarde nie. By Hebron het ons die wonderlike geleentheid om die kinders te lei in ’n lewens- en wêreldbeskouing waarin geloof in God sentraal staan.

My Visie: Elke kind is kosbaar en vól potensiaal en as onderwyser het ek die geleentheid om positief en kreatief in hulle lewens in te spreek! As elke kind in my klas iets kan ervaar van die groot liefde wat God vir hom/haar het, sal ek voel dat ek in my doel geslaag het.


Graad 7 – Marijke Bothma

Kwalifikasies: B. Tech Menslike Hulpbronbestuur, NHOD
Pos: Graad 7 & Engels Graad 5 en 6
Sport: Atletiek en Netbal

My Passie: Kinders is beslis my grootste passie. My ander passie is opleiding. Wat ‘n wonderlike voorreg is dit dus vir my om kinders te kan onderrig, om ‘n verhouding te kan bou met elke kind en sodoende ‘n positiewe, geestelike invloed in hul lewens te hê.

My Visie: My visie is om kinders opgewonde te maak om nuwe dinge te ontdek, om leergierig te wees – nie net wat skoolwerk betref nie, maar veral die lewe. Ek wil hulle help om hul talente en gawes te ontdek, sodat hulle dit kan aanwend om hul lewensdoel te bereik.


Addisioneel – Rozanne Fourie

Kwalifikasies: B. Ed (I1SF), B. Ed (Hons: Opvoedkundige ondersteuning)
Pos: LO (teorie) en Biblioteek Graad 4-6; LV en EBW Graad 7; en Kuns Graad 1
Sport: Netbal (Graad 4 – 7)

My Passie:  Om kinders te help besef dat Jesus Christus hulle onvoorwaardelik liefhet en dat hulle hul identiteit in Hom moet vind.

My Visie: Elke kind wat aan die einde van Graad 7 uit die skool gaan moet weet wie hulle is in die Here en moet Sy woord met vrymoedigheid kan verkondig.


Sekretaresse – Tanja Kemp 

Kwalifikasies: B. Com Sportbestuur, NHOD
Pos: Sekretaresse

My Passie:  Elke kind het sy eie Jesus storie. Ek wil kinders na die Here toe lei sodat hulle God as hul Verlosser en Saligmaker kan kies.

My Visie:  Elke kind moet weet wie hy in Christus is. Elke kind is uniek, God het ons gemaak om uit te staan!

Kontak Tanja indien u enige vrae het.


Rekenaarvaardighede – Wanda Fouché

Kwalifikasies: Educare; Skillspro: Windows 1, Excel 1
Pos: Rekenaars (Futurekids-fasiliteerder)

My Passie:  Jesus is deel van alles wat ek doen. Daarom glo ek dat ook rekenaarstudie Sy liefde en omgee moet oordra.

My Visie: Ek wil elke kind bemagtig om ten minste basiese rekenaarvaardighede te hê, sodat hulle met gemak hul take kan doen. Ek wil ook elke kind aanmoedig om meer te gee as wat hy/sy glo hy/sy kan doen.


Assistent en nasorg – Ronel Adams

Kwalifikasies: Graad 12

My Passie:  Dis vir my ‘n wonderlike ervaring, om met kinders te werk en nog steeds geestelik te groei.

My Visie: Dit waarvoor ons skool staan, dat mense kan sien God se woord word verkondig en toegepas.


Nasorg – Roline van Greunen

Kontak Ons

021 919 6356

admin@hebronchristenskool.co.za

Scroll to Top