Krieket
Afrigter: Albert Loubser

Krieketoefening – Maandag en Donderdag

Juniors oefen twee keer per week. Die graad 2’s en 3’s oefen op ’n Maandag en Woensdag van 13:30 tot 14:15.

Die graad 1’s oefen Maandae van 13:00 tot 13:30 en Woensdae gedurende skooltyd.

Die seniors oefen van direk na skool totdat hulle begin swem op ’n Maandag en tot 15:15 op ’n Donderdag.


Atletiek

Atletiek word hoofsaaklik deur die onderwyseresse afgerig. Binne die eerste maand van die eerste kwartaal word ’n kleurebyeenkoms gehou waartydens daar ’n sangkompetisie tussen die twee spanne plaasvind. Dit lei tot ’n heerlike ken-mekaar-kuier-byeenkoms. Die atletiekspan word aangewys en verder afgerig totdat die interskole plaasvind.


Swem (indien die water-tekort dit toelaat)
Afrigter: Mev. Estelle van der Merwe

Gedurende die eerste kwartaal word swem deur die hele skool beoefen. Die seisoen word op ’n hoogtepunt afgesluit met ’n swemgala teen die Gereformeerde Laerskool Bellville.

Swemafrigting sal Maandag, 22 Januarie begin, volgens die onderstaande tye. Elke kind moet ’n rooi swempet en vlootblou swembroek hê.

JUNIORS – Graad 1 – 3
Die juniors swem Dinsdae en Donderdae gedurende skooltyd.

SENIORS – Graad 4 – 7
Senior Dogters: 14:15 tot 15:00 Senior Seuns: 15:00 tot 15:45 (direk na krieket)


Netbal
Afrigters:
Graad 1:  Jeanette Nigrini
Graad 2/3:  Mev Elsje Maritz
Graad 4–7:  Mev Alida de Vries, Mej. Rozanne Fourie 

Die dogters speel in die tweede en derde kwartaal netbal. Hulle speel wedstryde teen ander skole.

Afrigtye:

Graad 1: Dinsdae: 13:00 tot 13:30
Graad 2 en 3: Maandae en Woensdae: 13:00 tot 14:00
Graad 4-7: Maandae en Donderdae: 14:15 tot 15:30


Rugby
Afrigter: Albert Loubser

Die seuns speel in die tweede en derde kwartaal rugby. Hulle speel wedstryde teen ander skole.

Afrigtye:
Graad 1: Maandae: 13:00 tot 13:30 en Woensdae gedurende skooltyd
Graad 2 en 3: Maandae en Woensdae: 13:15 tot 14:00
Graad 4-7: Maandae en Donderdae: 14:15 tot 15:30


Hokkie

Die seuns en dogters speel hokkie wat afgerig word deur mev. Henriëtte Groenwold. Daar word wedstryde teen ander skole gespeel.

Afrigtye:
Graad 4-7: Woensdae: 14:10 tot 15:10
Die juniors word deur hul klasonderwyseresse afgerig in skooltyd.